Die Aanwys Van Water En Minerale

Die aanwys van water word al eeue lank gebruik om ondergrondse water op te spoor. Die proses berus op n seldsame, aangebore vermoe. Veel suksesse is al behaal deur diegene wat werklik die vermoë besit.

Daar is natuurlik skeptici wat die aanwys van water as n sprokie beskou. Valse aansprake is al in die verlede bewys op gebiede soos kinesiologie, akupunktuur, ens. Die prosesse benut die energie vermoe" in en om die menslike  liggaam. Dieselfde magte word bewustelik en onbewustelik gebruik ter versterking van die waterwyser se vermoe" om met die subtiele elektroniese-magnetiese hellings van die aarde in wisselwerking te tree. Dis nog steeds nie heeltemal duidelik hoe alles saamwerk nie, maar navorsing dui daarop dat die uitslag in vele gevalle baie positief is.

In die afgelope 10 jaar is baie navorsing gedoen om lig te probeer werp op die vermoe van waterwys. n Verslag deur die fisikus Hans-Dieter Betz (Journal of Scientific Exploration 1995) handel oor n tienjarige ondersoek van water
In Sri Lanka DRK ,Kenia Namibia, Jemen, en nog ander lande. Die uitslag van meer as 2000 boorgate word bespreek. Die ondersoek( geborg deur die Duitse Assosiasie vir Tegniese Samewerking) was daarop gerig om nuwe maniere te vind om water in droe gebiede op te spoor. Deskundiges op die gebied van geologie, ervare waterwysers en n wetenskaplike groep onder lyding van dr.Betz was daarby betrokke. Die verbasende sukses van waterwysers is bewys, nl. 90% sukses in 691 boorgate . Sekere waterwysers (0 tot 20%) kon ook met sukses die diepte voorspel. Die studie kom tot die slotsom dat n kombinasie hidro-geofisiese tegnieke die aanwys van water deur n waterwyser meer geslaagd, asook goedkoper kan wees as wat vroer gemeen is.

Daar is onlangs groot sukses met die aanwys van minerale behaal. Dit is n gebied wat nog redelik nuut is,maar dit werk, en waar dit in kombinasie met tradisionele wetenskaplike metodes gebruik word, het  maatskappye die ontvanglike geologiese koste bespaar.

Persoonlike ondervinding

Ek besit al jare lank die vermoe om water aan te wys en gebruik dit sedert die tagtige jare met groot sukses. Meer onlangs het ek my vaardigheid begin slyp deur met verskillende stelsels en tegnieke te eksperimenteer. Ek gebriuik nou n uiters geslaagde metode.

Die afgelope 20 jaar wys ek al op handelsvlak vir mense en maatskappye oor die hele Suid-Africa water aan. Baie kliente maak herhaaldelik van my dienste gebruik. (bv. Andelusite Resources met drie afsonderlike versoeke om water aan tewys toe geen sukses met hidrologiese metodes kon behaal nie.)

EK KAN ONDERSKEI TUSSEN VARS EN BRAK WATER.

In n onlangse projek het ek ook met die aanwysing van potensiele mineraal afsettings begin. Ek het ryk kroom sowel as diamant neerslae uitgewys wat deur  labratorium toetse as baie belowend uitgespel is.

Ek wys water aan en nie net strukture nie, en dit is wat my suksesse bepaal.

Verwysings is beskikbaar.

Woonagtig te Hermanus
Mervyn Milner

Our Address

Mervyn Milner

PostNet Suite 212
P/Bag x 16, 7200
Hermanus, South Africa

Phone Contacts

Mobile : +27 (0) 82 558 8593