Riglyne en Aanbevelings oor die AANWYS en Boor van ondergrondse WATER,


deur Mervyn Milner te Hermanus.

Water is vir mens en dier die noodsaaklikste bron van oorlewing. Klimaatsverandering en droogte noodsaak ons om met veel meer erns na hierdie bron om te sien en noukeurig te beplan en bestuur. Ondergrondse water is wel n oplossing, maar die opsporing en ontdekking daarvan is moeilik, duur en nie altyd suksesvol nie.

Volgens kundiges is daar 100 keer meer water onder die grond as bo die grond in damme en riviere op die vasteland van die wereld.


Ondergrondse water kom in Strukture (waterdraers, are en breuke) voor en ook ondergrondse mere word gevind . Van hierdie strukture kan waterdraend of nie wateraend wees.

Dieptes verskil ook en strukture kan op verskillende dieptes bo-op mekaar voorkom, sommige waterdraend en ander nie.

Alle ondergrondse water is nie altyd geskik nie ( te veel sout, yster, kalk of ander chemikalie ).

Ek het die gawe ontvang om net waterdraend strukture en vars water tussen die ongeskikte water aan te wys.

Met baie jare se ondervinding en hoogs suksesvol was ek baie mense en instansies se lewensaar tot hul voortbestaan. My werk strek sover as Tanzania, Botswana en Lesotho.

Die boor van water is baie stresvol en ontsettend duur en die volgende vereistes word sterk aanbeveel :

1.Gebruik n betroubare boormaatskappy ( doen jou navraag en kry verwysings ).

2. Maak seker dat hulle genoegsame stange het om diep te boor (200 meter of dieper want in sekere gevalle is sterk standhoudende en vars water diep gelee ).

3.Maak seker dat die gate vertikaal geboor word ( volgens die Dept. Waterwese spesifikasies) . Boorgate kan op 100m tot 14 meter skeef uit vertikaal beweeg en die verskuiwing vind plaas in die eerste 30 meter van diepte. Waterdraende strukture kan dus misgeboor word. Ek beveel dus aan dat reelings getref word dat die Dept. Waterwese spesifikasies gebruik word .

4.Moet nie jou ore aan almal uitleen vir advies. Bly ter alle tye in kontak met die wateraanwyser ( myself ). Twyfel, angs en verkeerde opvattings veroorsaak dat boorwerk gou gestaak, word. n Groot vermorsing van geld .

Met begrip van droogtes en jare ondervinding van wateraanwys is dit altyd vir my n voorreg om
te help waar daar n waternood is.

Our Address

Mervyn Milner

PostNet Suite 212
P/Bag x 16, 7200
Hermanus, South Africa

Phone Contacts

Mobile : +27 (0) 82 558 8593